Moenie die geleentheid misloop om jou droom-maat raak te loop nie!
Die Kliek is die show waar die meisies die ouens uitcheck en die ouens hopelik die meisies uitvat. In die eerste rondte krap ons in die man se facebook, snapchat, TikTok en instagram rond.
In die tweede rondte ontmoet ons hom in lewende lywe en in die derde rondte moet hy homself met ’n uitaging of twee aan die Kliek bewys.
Aan die einde van elke rondte kry die 8 lede van die Kliek die geleentheid om in te Kliek OF nie en aan die einde van show is die bal in die man se hande en kan hy kies wie hy op ’n romantiese uitstappie wil neem.